Die tyd het weer gekom vir die Karoo Winter Wolfees om plaas te vind, 3 - 5 Julie 2025.
n Fees vol aktiwiteite en kompetisies vir almal om in deel te neem.
Die Wolfees in samewerking met OVK bied hierdie jaar 3 kompetisies aan:
1. OVK Innovasie Kompetisie - deelnemers kan groot pryse wen deur jou kreatiewe genialiteit met wol as medium te gebruik en ‘n funksionele item te vervaardig (nie kuns item nie).
English version below:
2. Beste enkel Wolbaal Kompetisie - stuur jou beste enkelbaal wol om deel van R50 000 se pryse te wen.
Sien "Reels en Regulasies" onderaan.
3. OVK Skole Wol-kunskompetisie - Tema: Enige kuns met wol/wolskape
Sien "Reels en Regulasies" onderaan.
Die wenners sal tydens die Gala aand by die Wolfees aangekondig word. Neem deel om n kans te kry om fantastiese pryse te wen en deel te wees van die kreatiewe kant van landbou.
Navrae: debbieb@ovk.co.za / 041 406 7500