Sunday

February 9, 2025

Agri Oos Kaap besoek Burgersdorp Hoërskool

Agri Oos Kaap Vise-President, Eben du Plessis, en Jongboer Komitee lid, Lood De Jager, het die Burgersdorp Hoërskool besoek.

Hulle het die belangrikheid van georganiseerde landbou aan die deelnemers van die skool se Landbou program verduidelik, asook die Agri Oos Kaap Jongboer inisiatief aan hulle bekend gestel. Hoe meer Jongboere ons kan intrek by georganiseerde landbou hoe beter sal dit vir die landbou bedryf wees.

Daar is ook besluit dat n Burgersdorp Hoërskool Landbouvereniging gestig gaan word met hulle eie leiers sodat die leerders meer betrokke kan wees met georganiseerde landbou.

Dit is Agri Oos Kaap se missie om meer skole betrokke te kry by georganiseerde landbou sodat die nuwe generasie weet wat voorlê.