Agri Oos Kaap het Donderdagaand, 8 Februarie, n rolbal aand vir die korporatiewe lede gehou, by die Mill Park Rolbal klub in Port Elizabeth.
Daar het 14 spanne ingeskryf met 4 spelers in elke span. Die spelers het almal opgedaag in hulle mooi uitrusting en met baie span gees.
Ons wil die wenners van die rolbal, PWM Finansiele Bestuur, baie geluk wens, asook die sogenoemde “best dressed” span, RJM Attorneys, wat in hulle togas opgedaag het.
Die aand was n reuse sukses, baie lede het bygewoon, hulself baie geniet en lekker met mekaar gekuier. Dit was n aand vol gees en vreugde.
Ons wil graag baie dankie se vir die korporatiewe lede wat deelgeneem het en die aand saam met ons gedeel het. Ons is ongelooflik dankbaar vir alles wat julle vir Agri Oos Kaap en georganiseerde landbou bydrae.
Ons wil ook al ons korporatiewe lede aanmoedig om ons byeenkomste by te woon, dit is virseker baie pret en n goeie manier om jou mede korporatiewe lede beter te leer ken.
Ons het die jaar goed begin en glo dit sal n suksesvolle en produktiewe jaar wees verder.